Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 48:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hoor dit, huis van Ya’akov, wat Yisra’el genoem word en wat uit die lendene van Y’hudah voortgekom het, wat sweer by die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en die God van Yisra’el aanroep, maar nie in waarheid of in onpartydige opregtheid nie,

2. al beroep hulle hulself op die afgesonderde stad en leun op die God van Yisra’el; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

3. Ek het die vorige dinge lankal verkondig en hulle het uit My mond uitgegaan en Ek het hulle verklaar; skielik het Ek opgetree en dit het gebeur.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 48