Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 47:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ons Verlosser, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is יהוה-Tzva’ot, is die Afgesonderde Een van Yisra’el.

5. “Sit stil en gaan in duisternis in, dogter van die Kasdeërs, want jy sal nie langer die koningin van die koninkryke genoem word nie.

6. Ek was kwaad vir My volk, Ek het My erfenis onteer en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen omgee bewys nie, op die oues het jy jou juk baie swaar gemaak.

7. Tog het jy gesê: ‘Ek sal ’n koningin wees vir altyd;’ jy het hierdie dinge nie in ag geneem of aan die einde daarvan gedink nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 47