Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 47:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Vat die maalsteen en maal meel; verwyder jou sluier, trek uit die romp, ontbloot die been, trek deur die riviere!

3. Jou naaktheid sal ontbloot word, jou skande sal ook ontbloot word! Ek sal wraak neem en geen mens spaar nie.”

4. Ons Verlosser, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is יהוה-Tzva’ot, is die Afgesonderde Een van Yisra’el.

5. “Sit stil en gaan in duisternis in, dogter van die Kasdeërs, want jy sal nie langer die koningin van die koninkryke genoem word nie.

6. Ek was kwaad vir My volk, Ek het My erfenis onteer en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen omgee bewys nie, op die oues het jy jou juk baie swaar gemaak.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 47