Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 43:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. “Moenie die vorige dinge oproep of dinge van die verlede oordink nie.

19. Let op, Ek sal iets nuuts doen, nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie opmerk nie? Ek sal selfs ’n pad in die wildernis maak, riviere in die woestyn.

20. Die wilde diere van die veld sal My loof en eer, die jakkals en die volstruis, want Ek het waters in die wildernis gegee en riviere in die woestyn, om My gekose volk te laat drink.1 Kef 2:9

21. Die volk wat Ek vir Myself gevorm het, sal My lof verkondig.

22. Nogtans het jy My nie aangeroep nie, o Ya’akov, maar Ek het jou geroep, o Yisra’el!

23. Jy het nie die skape van jou brandoffers vir My gebring nie en My ook nie geëer met jou slagoffers nie. Ek het jou nie belas met offers en jou ook nie moeg gemaak met wierook nie.

24. Jy het nie vir My suikerriet met geld gekoop nie en My ook nie gevul met die vet van jou offers nie, maar jy het My belas met jou sondes, jy het My moeg gemaak met jou oortredinge.

25. Ek, Ek is die Een wat jou wetsoortredinge uitvee om My ontwil en Ek sal nie aan jou sondes dink nie.

26. Herinner My, laat ons ons saak saam bepleit; stel jou saak sodat jy reg bewys kan word.

27. Jou eerste voorvader het gesondig en jou spreekbuise het teen My oortree.

28. Jou prinse het die Afgesonderde Plek onteer; daarom het Ek Ya’akov aan die vervloeking oorgegee en Yisra’el aan bespotting,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 43