Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 42:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. “Ek is יהוה. Ek het Jou geroep in onpartydige opregtheid, Ek sal Jou ook aan die hand vat en oor Jou wag hou en Ek sal Jou aanstel as ’n Verbond met die volk, as ’n Lig vir die nasies,

7. om blinde oë oop te maak; om gevangenes uit die kerker uit te bring en die wat in duisternis leef uit die tronk.

8. Ek is יהוה, dit is My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek sal nie My eer aan ’n ander gee, of My lofprysing aan gesnede beelde nie.

9. Let op, die vorige dinge het gebeur, nou verklaar Ek nuwe dinge; voordat hulle uitspruit, verkondig Ek hulle aan Jou.”

10. Sing tot יהוה ’n nuwe lied en besing Sy lof vanaf die eindes van die aarde af; julle wat afgaan na die see en alles wat daarin is; julle eilande en die wat daarop woon!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 42