Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 42:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hy sal nie moedeloos of vergruis word totdat Hy regverdigheid op die aarde gevestig het nie en die kuslande sal afwagtend op Sy wet wag.”

5. So sê יהוה-God, wat die hemele geskep en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met alles wat daarop is, wat asem gee aan die mense daarop en gees aan die wat daarop loop:Yes 49:8; Rom 11:27

6. “Ek is יהוה. Ek het Jou geroep in onpartydige opregtheid, Ek sal Jou ook aan die hand vat en oor Jou wag hou en Ek sal Jou aanstel as ’n Verbond met die volk, as ’n Lig vir die nasies,

7. om blinde oë oop te maak; om gevangenes uit die kerker uit te bring en die wat in duisternis leef uit die tronk.

8. Ek is יהוה, dit is My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek sal nie My eer aan ’n ander gee, of My lofprysing aan gesnede beelde nie.

9. Let op, die vorige dinge het gebeur, nou verklaar Ek nuwe dinge; voordat hulle uitspruit, verkondig Ek hulle aan Jou.”

10. Sing tot יהוה ’n nuwe lied en besing Sy lof vanaf die eindes van die aarde af; julle wat afgaan na die see en alles wat daarin is; julle eilande en die wat daarop woon!

11. Laat die wildernis en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar bly! Laat die inwoners van Selah hardop sing, laat hulle uitroep van vreugde vanaf die top van die berge!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 42