Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 41:20-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. sodat hulle kan sien en herken, oorweeg en insig kry dat die hand van יהוה dit gedoen het en die Afgesonderde Een van Yisra’el dit geskep het.

21. “Stel julle saak,” sê יהוה; “bring julle sterk argumente vorentoe,” sê die Koning van Ya’akov.

22. “Laat hulle dit bring en aan Ons verklaar wat gaan gebeur; wat die vorige betref, verklaar wat hulle was sodat Ons dit kan oorweeg en weet wat gaan gebeur, of kondig aan wat gaan gebeur;

23. verklaar die dinge wat later sal kom sodat Ons kan weet dat julle gode is; inderdaad, doen goed of kwaad sodat Ons verbaas kan rondkyk en saam kan vrees.

24. Let op, julle tel nie en julle werk beteken niks nie; om julle te kies is verwerplik.

25. Ek het een uit die noorde opgewek en hy het gekom; van die opkoms van die son af sal hy My Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep en hy sal afkom op heersers soos op bouklei, soos die pottebakker die klei trap.”

26. Wie het dit verklaar van die begin af sodat Ons kan weet? Of van vroeër af sodat Ons kan sê: ‘Hy is reg?’ Daar was sekerlik niemand wat verklaar het, niemand wat dit afgekondig het, niemand wat julle woorde gehoor het nie.

27. Ek het vroeër vir Tziyon gesê: ‘Let op, hier is hulle!’ Vir Yerushalayim: ‘Ek sal ’n Boodskapper van goeie nuus gee.’

28. Wanneer Ek egter kyk, is daar geen en onder hulle is daar geen raadgewer wat, as Ek vra, ’n antwoord kan gee nie.

29. Let op, hulle is almal vals, hulle werke is waardeloos, hulle gegote beelde is wind en leegheid.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 41