Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 40:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Kry jouself bo-op ’n hoë berg, O Tziyon, verkondiger van goeie nuus; verhef jou stem met mag, O Yerushalayim, verkondiger van goeie nuus, hef jou stem op met mag; lig dit op, moenie vrees nie! Sê vir die stede van Y’hudah: “Hier is julle God!”

10. Let op, die Meester, יהוה, sal kom met krag, Sy arm met mag. Let op, Sy loon is by Hom en Sy beloning is voor Hom.

11. Hy sal Sy kudde versorg soos ’n herder; Hy sal die lammers in Sy arms bymekaarmaak en aan Sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

12. Wie het die waters met die holte van Sy hand afgemeet, die hemele afgemerk met ’n span, die stof van die aarde met ’n maatbak bereken en die berge met ’n hangskaal geweeg en die heuwels met ’n weegskaal?Iyov 21:22; 1 Kor 2:16 of Hom onderrig as sy Raadsman?

13. Wie het vir die Gees van יהוה rigting aangewys

14. Met wie het Hy raad gehou en wie het Hom insig gegee? Wie het Hom geleer aangaande die pad van regverdige oordeel en Hom ingelig oor die pad van insig?

15. Let op, die nasies is soos ’n druppel vanuit ’n emmer en word beskou as ’n stoffie op die weegskaal. Let op, Hy lig die eilande op soos fyn stof.

16. Selfs L’vanon is nie genoeg om te brand, of sy wilde diere genoeg vir ’n brandoffer nie.

17. Al die nasies is soos niks voor Hom; hulle word deur Hom as minder as niks en nietig beskou.

18. Met wie wil julle God gelykstel, of watter gelykenis Hom mee vergelyk?

19. Die ambagsman giet ’n afgod, ’n goudsmid trek dit oor met goud en die silwersmid maak kettings van silwer.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 40