Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 40:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Troos, troos My volk,” sê julle God.

2. “Praat sag met Yerushalayim en roep uit na haar dat haar oorlog verby is, dat haar oortreding verwyder is en dat sy uit die hand van יהוה dubbel ontvang het vir al haar sondes.”Mal 3:1; Mat 3:3; Mar 1:3; Luk 1:76; Luk 3:4; Yog 1:23

3. ’n Stem roep uit: “Berei die pad voor vir יהוה in die wildernis; maak die pad gelyk in die woestyn, ’n grootpad vir ons God!

4. Laat elke vallei opgevul en elke berg en heuwel laag gemaak word en laat die steil grond ’n vlakte word en die rotsagtige plekke ’n breë vallei.

5. Dan sal die lof, eer en aanbidding van יהוה openbaar word en alle vlees sal saam sien, want die mond van יהוה het gepraat.”

6. ’n Stem sê: “Roep uit!” Toe antwoord hy: “Wat moet ek uitroep?” “Alle vlees is gras en al sy mooiheid soos die blom van die veld.

7. Die gras verdor, die blom verwelk wanneer die asem van יהוה daaroor blaas. Sekerlik is die mense gras!1 Kef 1:25

8. Die gras verdor, die blom verwelk, maar die boodskap van ons God staan vir ewig.”

9. Kry jouself bo-op ’n hoë berg, O Tziyon, verkondiger van goeie nuus; verhef jou stem met mag, O Yerushalayim, verkondiger van goeie nuus, hef jou stem op met mag; lig dit op, moenie vrees nie! Sê vir die stede van Y’hudah: “Hier is julle God!”

10. Let op, die Meester, יהוה, sal kom met krag, Sy arm met mag. Let op, Sy loon is by Hom en Sy beloning is voor Hom.

11. Hy sal Sy kudde versorg soos ’n herder; Hy sal die lammers in Sy arms bymekaarmaak en aan Sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 40