Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 33:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee jou, vernietiger, terwyl jy nie vernietig is nie en jy wat vals is teen wie nie vals opgetree het nie! Sodra jy klaar vernietig het, sal jy vernietig word; sodra jy klaar vals opgetree het, sal ander vals teenoor jou optree.

2. יהוה, bewys ons onverdiende guns; ons het op U gewag. Wees hulle Sterkte elke oggend, ons Verlossing ook in die tyd van benoudheid!

3. Met die klank van die opskudding vlug die volke; as U Uself oplig, word nasies verstrooi.

4. Julle buit word bymekaargemaak soos die rusper bymekaargemaak word; soos ’n swerm sprinkane wanneer dit bymekaargemaak word.

5. יהוה is hoog opgelig, want Hy bly in die hoogte; Hy het Tziyon vol regverdige oordeel en onpartydige opregtheid gemaak

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 33