Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 32:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Dan sal die oë van die wat sien nie meer verblind wees nie en die ore van die wat luister, sal hoor.

4. Die verstand van die onverstandiges sal die waarheid onderskei en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te praat.

5. Die dwaas sal nie meer edel genoem word nie, of die skurk van gepraat word as verlosser nie,

6. want ’n dwaas praat onsin en sy verstand, wil en emosie neig na wetteloosheid: om boosheid te doen en leuens teen יהוה te praat; om die honger persoon onversadig te hou en drinkgoed terug te hou van hulle wat dors is.

7. Die skurk se wapens is wetteloosheid; hy beraam bose planne om die geteisterdes te vernietig met leuens, alhoewel die getuienis van die behoeftige reg is,

8. maar die edele beraam groot planne en hy sal op sy grootheid staan.

9. Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Selfvoldane dogters, luister na my boodskap!

10. Baie jare en dae sal julle sidder, o selfvoldane dogters, want die druiwe-oes is verby en die insameling van vrugte sal nie kom nie.

11. Bewe, geruste vroue! Wees bekommerd, selfvoldane dogters! Trek julle klere uit en trek rougewade om julle heupe.

12. Slaan op julle borste oor die aangename velde, oor die vrugbare wingerde,

13. vir die land van My volk, waar dorings en distels sal opkom; ja, vir al die vreugdevolle huise en die uitgelate stad,

14. want die paleis is verlate, die bevolkte stad is in die steek gelaat; die heuwel en die wagtoring het grotte geword vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-donkies, ’n weiveld vir troppe vee.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 32