Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 32:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Baie jare en dae sal julle sidder, o selfvoldane dogters, want die druiwe-oes is verby en die insameling van vrugte sal nie kom nie.

11. Bewe, geruste vroue! Wees bekommerd, selfvoldane dogters! Trek julle klere uit en trek rougewade om julle heupe.

12. Slaan op julle borste oor die aangename velde, oor die vrugbare wingerde,

13. vir die land van My volk, waar dorings en distels sal opkom; ja, vir al die vreugdevolle huise en die uitgelate stad,

14. want die paleis is verlate, die bevolkte stad is in die steek gelaat; die heuwel en die wagtoring het grotte geword vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-donkies, ’n weiveld vir troppe vee.

15. Wanneer die Gees oor ons uitgegiet word vanuit die hoogte en die wildernis ’n vrugbare veld word en die vrugbare veld as ’n woud gereken word,

16. dan sal regverdige oordeel in die wildernis bly en onpartydige opregtheid in die vrugbare veld.Ya’a 3:18

17. Die werke van onpartydige opregtheid sal vrede wees en die diens van onpartydige opregtheid, rustigheid en veiligheid vir ewig.

18. Dan sal My volk in ’n vredevolle blyplek, in veilige huise en in onverstoorde plekke van rus bly;

19. hael sal neerval op die woud en die stad sal plat gemaak word soos ’n vlakte.

20. Hoe gelukkig sal julle wees, julle wat langs al die waters saai, wat die os en die donkie vry laat uitkom!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 32