Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 32:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, ’n koning sal in onpartydige opregtheid regeer en prinse sal regverdig heers.

2. Elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’n skuiling teen die storm, soos waterstrome in ’n droë land, soos die skaduwee van ’n groot rots in ’n geskroeide land.

3. Dan sal die oë van die wat sien nie meer verblind wees nie en die ore van die wat luister, sal hoor.

4. Die verstand van die onverstandiges sal die waarheid onderskei en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te praat.

5. Die dwaas sal nie meer edel genoem word nie, of die skurk van gepraat word as verlosser nie,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 32