Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. want hierdie is ’n rebelse volk, valse seuns, seuns wat weier om te luister na die instruksies van יהוה;

10. wat aan die sieners sê: “Moenie sien nie!” en vir die profete: “Moenie vir ons profeteer wat reg is nie; praat aangename woorde met ons, profeteer valshede.

11. Kom weg van die pad af, draai weg van die pad, laat ons niks meer hoor van die Afgesonderde Een van Yisra’el nie!”

12. Die Afgesonderde Een van Yisra’el sê daarom so: “Omdat julle hierdie boodskap verwerp het en julle vertroue geplaas het op onderdrukking en bedrog en daarop gesteun het,

13. sal hierdie oortreding vir julle wees soos ’n skeiding op die punt om te val, ’n bult in ’n hoë muur, wie se ineenstorting skielik, in ’n oomblik kom,

14. wie se ineenstorting is soos die breek van ’n pottebakker se kruik, so onverbiddelik stukkend geslaan dat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te haal of om water uit die kuil te skep nie,”

15. want so het die Meester, יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el gesê: “In erkenning, berou en rus sal julle gered word, in stil wees en vertroue bestaan julle krag,” maar julle wou nie,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30