Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Dan sal Hy reën gee vir die saad wat jy in die grond sal saai en brood van die opbrengs van die grond en dit sal ryk en oorvloedig wees; op daardie dag sal jou vee op ’n ruim weiveld wei.

24. Ook die osse en die donkies wat die grond bewerk, sal gesoute voer eet, wat uitgewan is met graaf en vurk.

25. Op die dag van die groot slagting, wanneer die torings val, sal daar strome, wat met water loop, wees op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel.

26. Die lig van die maan sal wees soos die lig van die son en die lig van die son sal sewe keer helderder wees, soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer יהוה die breuk van sy volk opbind en die pyn van hulle wond genees.

27. Let op, die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה kom van ver af, Sy toorn brand en dig is Sy rookwolke; Sy lippe is vol verontwaardiging en Sy tong is soos ’n verterende vuur;

28. Sy asem is soos ’n oorlopende stroom wat tot by die nek kom, om die nasies heen en weer te skud in ’n sif en om die toom, wat lei tot vernietiging, in die kakebene van die volke te sit.

29. Julle sal liedere hê soos in die nag wanneer julle die fees hou en blydskap van binne soos wanneer iemand marsjeer op die fluit, om te gaan na die berg van יהוה, na die Rots van Yisra’el.

30. יהוה sal Sy stem van outoriteit laat hoor en die afkom van Sy arm laat sien in vreeslike toorn en in die vlam van ’n verterende vuur, in wolkbreuk en haelkorrels,2 Kef 3:10-12

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30