Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:15-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. want so het die Meester, יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el gesê: “In erkenning, berou en rus sal julle gered word, in stil wees en vertroue bestaan julle krag,” maar julle wou nie,

16. en julle het gesê: “Nee, want ons sal op perde vlug;” daarom sal julle vlug! “Ons sal op vinnige perde ry;” daarom sal julle agtervolgers vinnig wees!

17. Een duisend van julle sal vlug vir die bedreiging van een, julle sal vlug vir die bedreiging van vyf totdat julle oorbly soos ’n vlag op ’n bergtop en soos ’n banier op ’n heuwel;

18. daarom verlang יהוה om onverdiende guns aan julle te wys en daarom wag Hy van bo om vir julle om te gee, want יהוה is ’n God van regverdige oordeel; hoe geseënd is almal wat na Hom verlang!

19. O volk in Tziyon, inwoner van Yerushalayim, jy sal nie langer huil nie. Hy sal sekerlik onverdiende guns bewys op die klank van jou uitroep; wanneer Hy dit hoor, sal Hy jou antwoord.

20. Alhoewel יהוה vir jou brood van ontbering en water van onderdrukking gegee het, sal jou Leermeester Homself nie langer wegsteek nie, maar jou oë sal jou Leermeester sien.Deut 5:32; Deut 17:11

21. Jou ore sal ’n woord agter jou hoor: “Hierdie is die pad, loop daarop,” wanneer julle ook al na regs of na links wil afdraai.

22. Julle sal jul gesnede beelde, oorgetrek met silwer, asook die gegote beelde, oorgetrek met goud ontreinig. Julle sal hulle verstrooi as ’n onrein ding en sê: “Weg daarmee!”

23. Dan sal Hy reën gee vir die saad wat jy in die grond sal saai en brood van die opbrengs van die grond en dit sal ryk en oorvloedig wees; op daardie dag sal jou vee op ’n ruim weiveld wei.

24. Ook die osse en die donkies wat die grond bewerk, sal gesoute voer eet, wat uitgewan is met graaf en vurk.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30