Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Kom weg van die pad af, draai weg van die pad, laat ons niks meer hoor van die Afgesonderde Een van Yisra’el nie!”

12. Die Afgesonderde Een van Yisra’el sê daarom so: “Omdat julle hierdie boodskap verwerp het en julle vertroue geplaas het op onderdrukking en bedrog en daarop gesteun het,

13. sal hierdie oortreding vir julle wees soos ’n skeiding op die punt om te val, ’n bult in ’n hoë muur, wie se ineenstorting skielik, in ’n oomblik kom,

14. wie se ineenstorting is soos die breek van ’n pottebakker se kruik, so onverbiddelik stukkend geslaan dat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te haal of om water uit die kuil te skep nie,”

15. want so het die Meester, יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el gesê: “In erkenning, berou en rus sal julle gered word, in stil wees en vertroue bestaan julle krag,” maar julle wou nie,

16. en julle het gesê: “Nee, want ons sal op perde vlug;” daarom sal julle vlug! “Ons sal op vinnige perde ry;” daarom sal julle agtervolgers vinnig wees!

17. Een duisend van julle sal vlug vir die bedreiging van een, julle sal vlug vir die bedreiging van vyf totdat julle oorbly soos ’n vlag op ’n bergtop en soos ’n banier op ’n heuwel;

18. daarom verlang יהוה om onverdiende guns aan julle te wys en daarom wag Hy van bo om vir julle om te gee, want יהוה is ’n God van regverdige oordeel; hoe geseënd is almal wat na Hom verlang!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30