Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Wee die opstandige seuns,” sê יהוה, “wat ’n plan uitvoer, maar nie Myne nie, wat ’n alliansie maak, maar nie van My Gees nie, om sodoende sonde by sonde te voeg;

2. wat voortgaan af na Mitzrayim sonder om My te raadpleeg, om toevlug te soek onder die veiligheid van Farao en om skuiling te soek in die skaduwee van Mitzrayim!

3. Die veiligheid van Farao sal daarom julle skande wees en die skuiling in die skaduwee van Mitzrayim julle vernedering,

4. want hulle prinse is by Tzo’an en hulle ambassadeurs het in Hanes aangekom.

5. Almal sal beskaamd staan vanweë ’n volk wat vir hulle geen voordeel inhou nie, wat geen hulp of voordeel is nie, maar tot skande en oneer.”

6. Die profetiese visioen: ‘die wilde diere van die Negev’: deur ’n land van benoudheid en angs, vanwaar leeuwyfie en leeu, adder en vlieënde draak kom, vervoer hulle hul rykdom op die rûe van jong donkies en hulle skatte op die bulte van kamele, na ’n volk wat hulle nie kan bevoordeel nie;

7. na Mitzrayim, wie se hulp nietig en leeg is; daarom noem ek haar: “Die sterkte wat uitgeskakel is.”

8. Gaan nou, skryf dit op ’n tablet in hulle teenwoordigheid en graveer dit op ’n boekrol dat dit kan dien in die toekoms, as ’n getuie vir ewig,

9. want hierdie is ’n rebelse volk, valse seuns, seuns wat weier om te luister na die instruksies van יהוה;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30