Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 3:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die uitdrukking van hulle gesigte getuig teen hulle en hulle vertoon hulle sonde soos S’dom; hulle steek dit nie eens weg nie. Wee hulle, want hulle het boosheid op hulleself gebring!

10. Sê vir die regverdiges dat dit met hulle goed sal gaan, want hulle sal die vrug van hul dade eet.

11. Wee die oortreder van die wet! Met hom sal dit sleg gaan, want wat hy verdien, sal aan hom gedoen word.

12. O My volk! Die onderdrukkers is kinders en vroue heers oor julle. O My volk! Die wat jou lei, lei jou op ’n dwaalspoor en verwar die rigting van jou pad.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 3