Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 3:13-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. יהוה staan op om teë te staan en staan om die mense te oordeel.

14. יהוה tree in oordeel met die oudstes en prinse van Sy volk: “Dit is julle wat die wingerd verteer het; wat van die armes geplunder is, is in julle huise.

15. Wat bedoel julle dat julle My volk vertrap en die gesig van die armes vergruis?” verklaar die Meester, יהוה-Tzva’ot.

16. Verder het יהוה gesê: “Omdat die dogters van Tziyon trots is en met hulle koppe hooggehou en met verleidende oë loop en wegstap met trippelgang en die ringe aan hulle voete laat rinkel en so vir יהוה uittart,

17. sal יהוה die skedel van die dogters van Tziyon met skurfheid slaan en יהוה sal hulle voorkoppe kaal maak.”

18. In dié dag sal יהוה die mooiheid van voetringe, kopbande en maanornamente wegvat,

19. hangende oorringe, armbande, sluiers,

20. kopversiersels, enkelkettings, serpe, reukdosies, gelukbringers,

21. vingerringe, neusringe,

22. feesklere, oormantels, jasse, geldsakkies,

23. handspieëltjies, onderklere, tulbande en gesigdoeke.

24. Nou sal dit gebeur dat in plaas van soet reukwater daar ’n stank sal wees; in plaas van ’n gordel, ’n tou; in plaas van opgedoende hare, ’n uitgeplukte kopvel; in plaas van fyn klere, ’n roukleed en brandmerke in plaas van mooiheid.

25. Jou manne sal deur die swaard val en jou magtiges in die geveg.

26. Haar poorte sal kla en treur en sy sal verlate op die grond sit.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 3