Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 26:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. In die nag begeer my lewe na U; ja, ook my gees binne my soek U gretiglik, want as die aarde U oordele ervaar, leer die inwoners van die wêreld onpartydige opregtheid.

10. Die bose oortreder het ver afgedwaal sodat hy nie onpartydige opregtheid leer nie; dissipline in die land bring opregtheid; die bose sal nie die majesteit van יהוה sien nie.Heb 10:27

11. יהוה, U hand is opgelig, tog sien hulle dit nie. Hulle sien U ywer vir die mense en word beskaamd; vuur sal inderdaad U vyande verteer.

12. יהוה, U sal vir ons vrede bewerk, aangesien U ook al ons werke vir ons uitgevoer het.

13. יהוה, ons God, ander meesters buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen verklaar ons U Naam (Karakter en Outoriteit).

14. Die dooies sal nie lewe nie, verlate geeste sal nie opstaan nie; daarom het U hulle gestraf en vernietig en alle gedagtenis aan hulle weggevee.

15. U het, die nasie vermeerder o יהוה, U het die nasie vermeerder, U is geloof en vereer; U het al die grense van die land uitgebrei.

16. יהוה, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle kon net ’n gebed fluister, U tugtiging was op hulle.

17. Soos ’n verwagtende vrou, wat naby die tyd kom dat sy geboorte moet gee, inmekaar krimp en skree in haar geboortepyne, so was ons voor U, o יהוה!

18. Ons was verwagtend en het inmekaargekrimp soos hulle wat aan wind geboorte gegee het; red ons sodat ons nie op die aarde vergaan nie en die inwoners van die aarde nie tot ’n einde kom nie.Yeg 37

19. U dooie manne sal lewe, hulle lyke sal opstaan. Word wakker en roep uit van vreugde, julle wat in die stof lê, want U dou is soos die dou van die sonsopkoms en die aarde sal geboorte gee aan die verlate geeste.

20. Kom, my volk, gaan in julle kamers in en sluit jul deure agter jul toe; kruip vir ’n kort rukkie weg totdat die verontwaardiging verbygaan,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 26