Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 26:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die bose oortreder het ver afgedwaal sodat hy nie onpartydige opregtheid leer nie; dissipline in die land bring opregtheid; die bose sal nie die majesteit van יהוה sien nie.Heb 10:27

11. יהוה, U hand is opgelig, tog sien hulle dit nie. Hulle sien U ywer vir die mense en word beskaamd; vuur sal inderdaad U vyande verteer.

12. יהוה, U sal vir ons vrede bewerk, aangesien U ook al ons werke vir ons uitgevoer het.

13. יהוה, ons God, ander meesters buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen verklaar ons U Naam (Karakter en Outoriteit).

14. Die dooies sal nie lewe nie, verlate geeste sal nie opstaan nie; daarom het U hulle gestraf en vernietig en alle gedagtenis aan hulle weggevee.

15. U het, die nasie vermeerder o יהוה, U het die nasie vermeerder, U is geloof en vereer; U het al die grense van die land uitgebrei.

16. יהוה, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle kon net ’n gebed fluister, U tugtiging was op hulle.

17. Soos ’n verwagtende vrou, wat naby die tyd kom dat sy geboorte moet gee, inmekaar krimp en skree in haar geboortepyne, so was ons voor U, o יהוה!

18. Ons was verwagtend en het inmekaargekrimp soos hulle wat aan wind geboorte gegee het; red ons sodat ons nie op die aarde vergaan nie en die inwoners van die aarde nie tot ’n einde kom nie.Yeg 37

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 26