Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 26:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land van Y’hudah: “O stad, wie se Verlossing staande gebly het; Hy rig mure en skanse op vir sekuriteit.Open 21:25-27; Open 22:14

2. Maak oop die hekke sodat die waarheid en die onpartydige en opregte nasie, wat getrou bly, kan ingaan!

3. U sal ons in volmaakte vrede bewaar omdat ons op U vertrou het.

4. Vertrou in יהוה vir ewig, want die Meester יהוה is ’n ewige sterkte.”

5. Hy het die wat op die hoogte bly, die onoorkombare vesting, laag neergewerp; Hy het dit neergegooi, laag tot op die grond, dit in die stof gegooi.

6. Die voet sal dit vertrap, die voete van die geteisterdes, die voetstappe van die hulpeloses.

7. Die pad van die nederige is gelyk; die pad van die onpartydig opregte is reguit en gelyk.

8. Inderdaad, in die pad van U oordele, o יהוה, het ons U gretiglik verwag; U Naam (Karakter en Outoriteit), U gedagtenis, is die begeerte van ons lewe.

9. In die nag begeer my lewe na U; ja, ook my gees binne my soek U gretiglik, want as die aarde U oordele ervaar, leer die inwoners van die wêreld onpartydige opregtheid.

10. Die bose oortreder het ver afgedwaal sodat hy nie onpartydige opregtheid leer nie; dissipline in die land bring opregtheid; die bose sal nie die majesteit van יהוה sien nie.Heb 10:27

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 26