Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 25:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. יהוה-Tzva’ot sal op hierdie berg vir al die volke ’n oorvloedige feesmaal voorberei; ’n feesmaal van verouderde en ryk wyne, van die dinge wat behoort aan ons hemelse Verlosser en die Magtige Een.

7. Hy sal ook die invloed en aansien van die regeerder wat oor al die volke geheers het, op hierdie berg vernietig, as gevolg van die slagting onder al die nasies.1 Kor 15:54 en die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal die trane van alle gesigte af afvee en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af verwyder, want יהוה het gepraat.Open 21:4

8. Hy sal dood vir alle tye insluk in oorwinning

9. Dit sal in daardie dag gesê word: “Let op, hierdie is ons God vir Wie ons gewag het dat Hy ons kan red. Dit is יהוה vir Wie ons gewag het; ons sal in die rondte swaai van vreugde oor Hom en ons verheug in Sy redding,”

10. want die hand van יהוה sal rus op hierdie berg en Mo’av sal vertrap word in sy plek soos strooi vertrap word in die water van ’n mishoop

11. en hy sal sy hande uitsprei daarin soos ’n swemmer dit uitsprei om te swem en Hy sal hulle trotsheid laag neerlê saam met die buit van hulle bendes.

12. Die vesting van verraad van jou rebelse manne en jou sterk mure sal Hy afbreek, laag neerlê in die grond, selfs tot in die stof.Ps 46:6; Spr 18:10

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 25