Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 25:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה, U is my God! U sal ek oplig; ek sal dank gee aan U Naam (Karakter en Outoriteit), want U het wonders gedoen, getroue raadgewing gegee vanaf lank terug, dit is waar,

2. want U het ’n stad verlaag tot ’n hoop, ’n versterkte vesting tot ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes is geen stad meer nie, dit sal nooit weer herbou word nie.

3. ’n Sterk volk sal U daarom loof en eer, stede van gewetenlose nasies sal U respekvol vrees,

4. want U is ’n Verdediging vir die hulpelose, ’n Verdediging vir die behoeftige in sy benoudheid; ’n Skuilplek teen die storm, ’n Skaduwee teen die hitte, want die asem van die gewetenlose is soos ’n storm teen ’n muur.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 25