Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 22:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en julle het gesien dat die breuke in die stad van Dawid baie is en julle het die waters van die onderste poel opgevang.

10. Toe het julle die huise van Yerushalayim getel en huise afgebreek om die muur te versterk.

11. Julle het ook ’n opgaarplek tussen die twee mure gemaak vir die water van die ou poel, maar julle het nie staat gemaak op Hom wat dit gemaak het nie en Hom wat dit lankal beplan het, ook nie in ag geneem nie;

12. daarom het die Meester, יהוה-Tzva’ot, jou in daardie dag geroep tot gehuil en tot weeklag, tot kaal skeer van die kop en om ’n roukleed te dra.

13. In plaas daarvan, is daar vrolikheid en blydskap, doodmaak van beeste en slag van skape, eet van vleis en drink van wyn: “Laat ons eet en drink, want môre mag ons sterf.”

14. יהוה-Tzva’ot het Homself aan my openbaar: “Hierdie oortreding sal julle nie vergewe word nie totdat julle doodgaan,” sê die Meester, יהוה-Tzva’ot.

15. So sê die Meester, יהוה-Tzva’ot: “Kom, gaan na hierdie bestuurder, na Shevnah, wat oor die huishouding aangestel is:

16. ‘Watter reg het jy hier en wie het jy hier dat jy vir jouself ’n graf hier uitgekap het, jy wat ’n graf in die hoogte uitkap, wat vir jouself ’n rusplek in die rots uitkerf?

17. Let op, יהוה is op die punt om jou sekerlik weg te slinger, o mens en jou sekerlik te verlaat,

18. jou te teister soos die teistering van ’n groep soldate wat in ’n stad beleër is sonder uitkoms; daar sal jy sterf en daar sal jou pronk strydwaens wees, skande van jou meester se huis!’

19. Ek sal jou verwyder uit jou pos en jou uit jou posisie afbring.

20. Dan sal dit op daardie dag gebeur dat Ek My dienskneg, Elyakim, die seun van Hilkiyahu, laat roep

21. en Ek sal hom aantrek met jou kleed en jou serp stewig om hom bind. Ek sal hom onveranderlik toevertrou met jou outoriteit en hy sal vir die inwoners van Yerushalayim en vir die huis van Y’hudah ’n vader wees.Open 3:7

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 22