Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 2:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die gewone mens is nederig gemaak en die belangrike man verneder; vergewe hulle daarom nie.

10. Gaan in die rots in en kruip weg in die grond vir die verskrikking van יהוה en vir die grootheid van Sy majesteit.

11. Die trotse kyk van die mens sal verneder word en die hoogheid van die mens nederig gemaak word en יהוה alleen sal in dié dag verhoog word,Open 6:17

12. want יהוה-Tzva’ot sal ’n dag van rekenskap hê vir elkeen wat trots en hoogmoedig is sodat hy verneder kan word; teen elkeen wat verhewe is

13. en teen al die hoë en verhewe seders van die L’vanon en oor al die eikebome van Bashan;

14. teen al die hoë berge en teen al die verhewe heuwels;

15. teen elke hoë toring, teen elke versterkte muur;

16. teen al die skepe van Tarshish en teen al die mooi handewerk.

17. Die trots van die mens sal nederig gemaak word en die hoogmoed van die mens afgebring word en יהוה alleen sal in dié dag opgelig word,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 2