Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 2:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die trotse kyk van die mens sal verneder word en die hoogheid van die mens nederig gemaak word en יהוה alleen sal in dié dag verhoog word,Open 6:17

12. want יהוה-Tzva’ot sal ’n dag van rekenskap hê vir elkeen wat trots en hoogmoedig is sodat hy verneder kan word; teen elkeen wat verhewe is

13. en teen al die hoë en verhewe seders van die L’vanon en oor al die eikebome van Bashan;

14. teen al die hoë berge en teen al die verhewe heuwels;

15. teen elke hoë toring, teen elke versterkte muur;

16. teen al die skepe van Tarshish en teen al die mooi handewerk.

17. Die trots van die mens sal nederig gemaak word en die hoogmoed van die mens afgebring word en יהוה alleen sal in dié dag opgelig word,

18. maar die afgode sal geheel en al verdwyn.

19. Die mens sal in grotte van die rotse en in gate van die grond ingaan voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.

20. In dié dag sal die mens sy afgode van silwer en sy afgode van goud, wat hulle vir hulself gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise,

21. om in te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.

22. Hou op om die mens te ag, wie se asem in sy neus is (om haastig te wees), want van watter waarde is hy?Ps 23:4 uit Yerushalayim en Y’hudah verwyder; die ganse voorsiening van brood en die ganse voorsiening van water;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 2