Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 19:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Die prinse van Tzo’an het dwaas opgetree, die prinse van Nof is mislei; Mitzrayim is op ’n dwaalweg gebring deur die hoeksteen van sy stamme.

14. יהוה het binne haar ’n gees van verdraaiing gemeng en die Mitzrayiet op ’n dwaalweg gebring in alles wat hy doen, soos ’n dronkaard steier in sy uitbraaksel.

15. Daar sal ook geen leier in Mitzrayim wees wat kop of stert, palmtak of biesie daarvan kan verstaan nie.

16. In dié dag sal die Mitzrayiet word soos vroue en hulle sal bewe en in angs wees vir die waai van die hand van יהוה-Tzva’ot wat Hy oor hulle gaan waai.

17. Die land van Y’hudah sal vir die Mitzrayiete ’n verskrikking wees; elkeen aan wie dit genoem word sal in angs daaroor wees, vanweë die doel van יהוה-Tzva’ot wat Hy teen hulle beplan het.

18. In dié dag sal daar vyf stede in die land van Mitzrayim wees wat die taal van Kena’an praat en by יהוה-Tzva’ot sweer; een sal ‘die Stad van vernietiging’ genoem word.

19. In dié dag sal daar ’n altaar tot יהוה in die middel van die land van Mitzrayim wees en ’n pilaar vir יהוה naby sy grens.

20. Dit sal ’n teken en ’n getuie word vir יהוה-Tzva’ot in die land van Mitzrayim, want hulle sal uitroep na יהוה as gevolg van onderdrukkers en Hy sal vir hulle ’n Redder en ’n Kampioen stuur en Hy sal hulle bevry.

21. So sal יהוה Homself bekend maak aan Mitzrayim en die Mitzrayiete sal יהוה in dié dag ken. Hulle sal Hom selfs dien met slagoffers en offers en ’n gelofte doen aan יהוה en dit uitvoer.

22. יהוה sal Mitzrayim slaan, slaan, maar genees; so sal hulle terugdraai na יהוה en Hy sal hulle antwoord en hulle genees.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 19