Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 18:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee jou, o land van suisende vlerke wat anderkant die riviere van Kush lê,

2. wat afgevaardigdes per see stuur, in vaartuie van papirus, op die oppervlakte van die waters en sê: “Gaan, vinnige boodskappers, na ’n nasie wat geplunder en ontwortel sal word, na ’n nasie wie se sterkte tot nou toe van binne was; na ’n nasie wat onteer en verneder gaan word, wie se land deur riviere verwoes is.”

3. Al julle inwoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as ’n banier opgelig word op die berge, sal julle dit sien! Sodra die ramshoring geblaas word, sal julle dit hoor,”

4. want so het יהוה vir my gesê: “Ek sal stilweg van My blyplek af kyk, soos dansende hitte in die sonskyn, soos ’n wolk van dou in die hitte van die oestyd,”

5. want voor die oes sodra die knoppie blom en die blom ’n rypwordende druiwekorrel word, dan sal Hy die ranke afsny met snoeiskêre en die lote verwyder en wegkap.

6. Hulle sal saam gelos word vir die roofvoëls van die berge en vir die wilde diere van die aarde en die roofvoëls sal die somer daarop deurbring en al die wilde diere van die aarde sal die oestyd daarop deurbring.

7. In daardie tyd sal ’n geskenk van eerbetoon na die plek van die Naam van יהוה-Tzva’ot, die berg Tziyon, aan יהוה-Tzva’ot gebring word deur ’n nasie wat geplunder en ontwortel sal word, deur ’n nasie wie se sterkte tot nou toe van binne was; deur ’n nasie wat onteer en verneder gaan word, wie se land deur riviere verwoes is.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 18