Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 17:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Tog sal ’n na-oes daarin gelos word soos by die skud van ’n olyfboom: twee, drie olywe aan die heelboonste tak; vier, vyf aan die takke van ’n vrugbare boom,” verklaar יהוה, die God van Yisra’el.

7. “In daardie dag sal die mens sy Maker in ag neem en sy oë sal kyk na die Afgesonderde Een van Yisra’el.

8. Hy sal nie die altare in ag neem nie, die werk van sy hande, of kyk na wat sy vingers gemaak het nie, selfs die Asherah en die wierook staanders.

9. In daardie dag sal hulle sterk stede soos verlate plekke in die woud wees, of soos takke wat hulle gelos het voor die seuns van Yisra’el en die land sal ’n verlatenheid word,

10. want jy het die God van jou verlossing vergeet en nie die Rots van jou toevlug onthou nie; daarom plant jy lieflike plante en lê dit uit met vreemde wingerdstokke.

11. Op die dag dat jy hulle plant, sal hul bloeisels voortbring en in die oggend sal jou saad uitspruit, maar die oes sal ’n mislukking wees in die dag van sieklikheid en desperate pyn.

12. Helaas, die gedruis van baie volke, wat brul soos die gedruis van die seë en die geraas van nasies wat voortjaag soos die geraas van magtige waters!

13. Die nasies druis voort soos die gedruis van baie waters, maar Hy sal hulle bestraf en hulle sal ver weg vlug en gejaag word soos kaf in die berge voor die wind of soos stof voor ’n stormwind.

14. In die aand, let op, is daar verskrikking! Voor die oggend is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder en die lot van hulle wat ons beroof.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 17