Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 13:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle sal beangs wees, pyne en benoudheid sal hulle aangryp; hulle sal inmekaarkrimp soos ’n vrou wat geboorte gee; hulle sal na mekaar kyk in verbasing; hulle gesigte ontvlam.2 Kef 3:10-12

9. Let op, die dag van יהוה kom, hardvogtig, met toorn en brandende woede, om die land verlate te maak en Hy sal die sondaars daarop uitwis,Mat 24:29

10. want die sterre van die hemel en sy konstelasies sal nie hulle lig laat skyn nie; die son sal donker wees as hy opkom en die maan sal nie sy lig laat skyn nie.

11. So sal Ek die wêreld vir sy boosheid en die morele bose vir sy permissiwiteit straf; Ek sal ook ’n einde maak aan die arrogansie van die trotses en die hoogmoed van die gewetenlose verneder.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 13