Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Is Kalno nie soos Kark’mish, of Hamat soos Arpad, of Shomron soos Dammesek nie?

10. Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, wie se gesnede beelde groter as dié van Yerushalayim en Shomron was,

11. sal ek nie aan Yerushalayim en sy afgode doen soos wat ek aan Shomron en sy afgode gedoen het nie?”

12. So sal dit wees, wanneer יהוה al Sy werk op die berg Tziyon en in Yerushalayim voltooi het: “Ek sal die vrug van die arrogante verstand, wil en emosie van Ashur se koning straf en die prag en praal van sy hoogmoedigheid,

13. want hy het gesê: ‘Deur die krag van my hand en deur my wysheid het ek dit gedoen, want ek het begrip en ek het die grense van die volke verwyder en hulle skatte geplunder en soos ’n magtige man het ek hulle inwoners neergegooi2 Kon 19:20-37

14. en my hand het na die rykdom van die volke uitgereik soos na ’n nes en ék het die hele aarde bymekaargemaak soos ’n mens verlate eiers bymekaarmaak en daar was niemand wat sy vlerk geklap of sy bek oopgemaak of getjirp het nie.’”

15. Kan die byl hom beroem bo die een wat daarmee kap, of die saag homself verhef bo die een wat dit trek? Asof ’n knuppel húlle swaai wat hom oplig, asof ’n lat hóm oplig wat nie hout is nie!

16. Die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal daarom ’n wegvretende siekte stuur onder sy dapper soldate en onder sy lof en eer sal Hy ’n brand aansteek soos ’n brandende vlam.

17. Die Lig van Yisra’el sal ’n vuur word en Sy Afgesonderde Een ’n vlam; dit sal brand en sy distels en sy dorings in ’n enkele dag verteer.

18. Hy sal ook die lof en eer van sy woud en van sy vrugbare velde vernietig, beide lewe en liggaam en dit sal wees soos wanneer ’n siek man wegkwyn.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10