Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek stuur hom teen ’n wettelose nasie en gee hom bevel teen die volk van My woede, om buit te vang en plunder te gryp en om hulle te vertrap soos modder in die strate.

7. Tog is dit nie so bedoel nie, of so in sy verstand, wil en emosie beplan nie, maar is dit eerder om te vernietig en baie nasies af te sny,

8. want hy sê: “Is my prinse nie almal konings nie?

9. Is Kalno nie soos Kark’mish, of Hamat soos Arpad, of Shomron soos Dammesek nie?

10. Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, wie se gesnede beelde groter as dié van Yerushalayim en Shomron was,

11. sal ek nie aan Yerushalayim en sy afgode doen soos wat ek aan Shomron en sy afgode gedoen het nie?”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10