Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:25-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. want in ’n baie kort rukkie sal My verontwaardiging verby wees en My woede as gevolg van hulle vernietiging.”

26. יהוה-Tzva’ot sal ’n gésel teen hom oplig soos met die slagting van Midyan by die rots van `Orev en Sy staf sal oor die see wees en Hy sal dit oplig op die manier wat Hy in Mitzrayim gedoen het.

27. So sal dit wees in dié dag dat sy las verwyder sal word van jou skouer af en sy juk van jou nek en die juk sal vernietig word as gevolg van jou salwing.

28. Hy het teen `Ayat gekom; hy het deur Migron getrek; by Mikhmas het hy sy bagasie neergesit.

29. Hulle het deur die pas gegaan en gesê: “Geva sal ons blyplek wees!” Ramah is vreesbevange en Giv’at van Sha’ul het weggevlug.

30. Skreeu dit hard uit met jou stem, o Bat-Gallim! Gee aandag, Layish en arme `Anatot!

31. Madmenah het gevlug, die inwoners van Gevim het skuiling gesoek!

32. Vandag nog sal hy stop in Nov; hy swaai sy vuis teen die berg van die dogter van Tziyon, teen die heuwel van Yerushalayim!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10