Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:16-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal daarom ’n wegvretende siekte stuur onder sy dapper soldate en onder sy lof en eer sal Hy ’n brand aansteek soos ’n brandende vlam.

17. Die Lig van Yisra’el sal ’n vuur word en Sy Afgesonderde Een ’n vlam; dit sal brand en sy distels en sy dorings in ’n enkele dag verteer.

18. Hy sal ook die lof en eer van sy woud en van sy vrugbare velde vernietig, beide lewe en liggaam en dit sal wees soos wanneer ’n siek man wegkwyn.

19. Die res van die bome van sy woud sal so min in getal wees dat ’n kind dit kan opskryf.

20. In dié dag sal die wat oorgebly het van Yisra’el en die wat ontvlug het van die huis van Ya’akov, nooit weer steun op die een wat hulle geslaan het nie, maar hulle sal in waarheid steun op יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el.

21. Die wat oorbly, die wat oorbly van Ya’akov, sal terugkom na die Magtige God,Yeg 20:38 hulle getalle verminder, afgesny, maar wat oorloop van onpartydige opregtheid,Rom 9:28

22. want al mag jou mense, o Yisra’el, wees soos die sand van die see, sal net ’n deeltjie van hulle, wat oorbly, terugkom;

23. want ’n volkome verwoesting, een wat beveel is, sal die Meester, יהוה-Tzva’ot, uitvoer reg deur die hele aarde;

24. daarom, so sê die Meester, יהוה-Tzva’ot: “O, My volk wat in Tziyon bly, moenie vir Ashur vrees wat jou met die lat slaan en sy staf teen jou oplig op die manier wat Mitzrayim gedoen het nie,

25. want in ’n baie kort rukkie sal My verontwaardiging verby wees en My woede as gevolg van hulle vernietiging.”

26. יהוה-Tzva’ot sal ’n gésel teen hom oplig soos met die slagting van Midyan by die rots van `Orev en Sy staf sal oor die see wees en Hy sal dit oplig op die manier wat Hy in Mitzrayim gedoen het.

27. So sal dit wees in dié dag dat sy las verwyder sal word van jou skouer af en sy juk van jou nek en die juk sal vernietig word as gevolg van jou salwing.

28. Hy het teen `Ayat gekom; hy het deur Migron getrek; by Mikhmas het hy sy bagasie neergesit.

29. Hulle het deur die pas gegaan en gesê: “Geva sal ons blyplek wees!” Ramah is vreesbevange en Giv’at van Sha’ul het weggevlug.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10