Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Kan die byl hom beroem bo die een wat daarmee kap, of die saag homself verhef bo die een wat dit trek? Asof ’n knuppel húlle swaai wat hom oplig, asof ’n lat hóm oplig wat nie hout is nie!

16. Die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal daarom ’n wegvretende siekte stuur onder sy dapper soldate en onder sy lof en eer sal Hy ’n brand aansteek soos ’n brandende vlam.

17. Die Lig van Yisra’el sal ’n vuur word en Sy Afgesonderde Een ’n vlam; dit sal brand en sy distels en sy dorings in ’n enkele dag verteer.

18. Hy sal ook die lof en eer van sy woud en van sy vrugbare velde vernietig, beide lewe en liggaam en dit sal wees soos wanneer ’n siek man wegkwyn.

19. Die res van die bome van sy woud sal so min in getal wees dat ’n kind dit kan opskryf.

20. In dié dag sal die wat oorgebly het van Yisra’el en die wat ontvlug het van die huis van Ya’akov, nooit weer steun op die een wat hulle geslaan het nie, maar hulle sal in waarheid steun op יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el.

21. Die wat oorbly, die wat oorbly van Ya’akov, sal terugkom na die Magtige God,Yeg 20:38 hulle getalle verminder, afgesny, maar wat oorloop van onpartydige opregtheid,Rom 9:28

22. want al mag jou mense, o Yisra’el, wees soos die sand van die see, sal net ’n deeltjie van hulle, wat oorbly, terugkom;

23. want ’n volkome verwoesting, een wat beveel is, sal die Meester, יהוה-Tzva’ot, uitvoer reg deur die hele aarde;

24. daarom, so sê die Meester, יהוה-Tzva’ot: “O, My volk wat in Tziyon bly, moenie vir Ashur vrees wat jou met die lat slaan en sy staf teen jou oplig op die manier wat Mitzrayim gedoen het nie,

25. want in ’n baie kort rukkie sal My verontwaardiging verby wees en My woede as gevolg van hulle vernietiging.”

26. יהוה-Tzva’ot sal ’n gésel teen hom oplig soos met die slagting van Midyan by die rots van `Orev en Sy staf sal oor die see wees en Hy sal dit oplig op die manier wat Hy in Mitzrayim gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10