Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 10:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee hulle wat bose instellings afdwing en hulle wat aanhoudend onregverdige wette neerskryf,

2. om die armes van regverdigheid te ontneem en om die armes onder My volk van die reg te beroof sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die weeskinders kan plunder.

3. Nou wat sal julle doen op die dag van straf en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie toe sal julle vlug vir hulp en waar sal julle jul rykdom los?

4. Daar is niks oor as om te buig tussen die gevangenes of te val tussen die wat doodgeslaan is nie. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek.2 Kon 17:20-41

5. Wee Ashur: die lat van My woede en die staf in wie se hande My verontwaardiging is!

6. Ek stuur hom teen ’n wettelose nasie en gee hom bevel teen die volk van My woede, om buit te vang en plunder te gryp en om hulle te vertrap soos modder in die strate.

7. Tog is dit nie so bedoel nie, of so in sy verstand, wil en emosie beplan nie, maar is dit eerder om te vernietig en baie nasies af te sny,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 10