Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 1:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Jou heersers is rebelle en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag agter belonings aan. Hulle verdedig nie die weeskinders nie en die saak van die weduwee kom ook nie voor hulle nie;’

24. daarom verklaar die Meester יהוה-Tzva’ot, die Magtige Een van Yisra’el: ‘O, Ek sal My wreek op My teëstanders en vergelding eis van My vyande!

25. Ek sal ook My hand teen jou draai en jou afsaksels soos loog uitsmelt en al jou onsuiwerheid verwyder.

26. Dan sal Ek jou regters soos vroeër herstel en jou raadgewers soos in die begin; daarna sal jy die stad van onpartydige opregtheid genoem word; ’n getroue stad.

27. Tziyon sal losgekoop word deur regverdigheid en die van haar wat omdraai, deur onpartydige opregtheid,Yeg 20:38

28. maar wetteloses en sondaars sal saam vergruis word en die wat יהוה verlaat, sal tot ’n einde kom.

29. Sekerlik sal hulle verneder word deur die eikebome (afgode) wat hulle aanbid het en hulle sal verleë wees oor die tuine wat hulle gekies het,

30. want hulle sal wees soos ’n eikeboom waarvan die blare wegkwyn, of soos ’n tuin wat geen water het nie.

31. Hulle sterkte sal wees soos was, hulle werke soos die pit en hulle sal saam brand as een en daar is niemand wat hulle sal uitblus nie.’”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 1