Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 7:23-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Hulle sal dit met stene aanval, want die land is vol bloederige misdaad en die stad is vol geweld;

24. daarom sal Ek die slegste van die nasies bring en hulle sal hul huise besit. Ek sal ook die trots van die sterkes laat ophou en hulle afgesonderde plekke sal onteer word.

25. Wanneer angs kom, sal hulle vrede soek, maar daar sal niks wees nie.

26. Ramp sal op ramp kom en gerug by gerug bygesit word; dan sal hulle ’n visioen verlang van ’n profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.

27. Die koning sal rou, die prinse sal aangetrek wees met afsku en die hande van die mense van die land sal bewe. Volgens hulle optrede sal Ek met hulle handel en deur hulle oordele sal Ek hulle oordeel en hulle sal weet dat Ek יהוה is.’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 7