Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 7:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Weer het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Jy, seun van ’n mens, so sê יהוה-God vir die land van Yisra’el: ‘Einde! Die einde het gekom op die vier hoeke van die land.

3. Nou is die einde op jou en Ek sal My woede teen jou stuur; Ek sal jou oordeel volgens jou lewenswyse en al jou verwerplikhede op jou afbring,

4. want My oog sal nie vir jou jammer wees nie en Ek sal jou ook nie spaar nie, maar Ek sal jou lewenswyse op jou afbring en jou verwerplikhede sal tussen jou wees; dan sal julle weet dat Ek יהוה is!’

5. So sê יהוה-God: ‘’n Ramp, ’n unieke ramp, let op, dit kom!

6. ’n Einde kom, die einde het gekom! Dit het wakker geword teen jou; let op, dit het gekom!

7. Jou verdoemenis kom teen jou, o inwoner van die land! Die tyd het gekom, die dag is naby! Opskudding, eerder as vreugdevolle geroep op die berge.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 7