Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 43:22-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder gebrek as sondoffer offer en hulle moet die altaar reinig soos hulle dit met die bul gereinig het.

23. Wanneer jy dit klaar gereinig het, moet jy ’n jong bul sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee aanbied.

24. Jy moet hulle in die Teenwoordigheid van יהוה aanbied en die priesters moet sout daarop strooi en hulle as brandoffers aan יהוה offer.

25. Vir sewe dae lank moet jy daagliks ’n bok as ’n sondoffer voorberei; ook ’n jong bul en ’n ram uit die kleinvee, sonder gebrek, moet voorberei word.

26. Vir sewe dae lank moet hulle vir die altaar toedekking doen en dit reinig; so sal hulle dit afsonder.

27. Wanneer hulle die dae voltooi het, sal dit wees dat op die agste dag en verder, die priesters julle brandoffers en julle vredesoffers op die altaar sal offer en Ek sal jul aanvaar,’ verklaar יהוה-God.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 43