Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 42:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die pad voor hulle het gelyk soos die kamers wat aan die noordekant was, volgens hulle lengte, so was hulle breedte en al hulle uitgange was beide volgens hulle indelings en openinge.

12. Ooreenstemmend met die openinge van die kamers wat in die suide was, was daar ’n opening aan die kop van die gang, die gang voor die muur in die rigting van die ooste, soos ’n mens by hulle ingaan.

13. Toe het hy vir my gesê: “Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat oorkant die afsonderlike area is, is die afgesonderde kamers waar die priesters wat naby יהוה is, die mees afgesonderde dinge sal eet. Daar moet hulle die mees afgesonderde dinge neersit: die graanoffer, die sondoffer en die oortredingsoffer, want die plek is afgesonderd.

14. Wanneer die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan na die buitenste hof, sonder om hulle klere, waarin hulle bedien, daar neer te sit nie, want hulle is afgesonderd. Hulle moet ander klere aantrek en dan naderkom aan wat vir die volk bestem is.”

15. Toe hy klaar die binneste huis opgemeet het, het hy my deur die poort wat na die ooste kyk uitgebring en dit reg rondom gemeet.

16. Hy het die oostekant met die meetstok gemeet: vyf honderd stokke, met die meetstok.

17. Hy het die noordekant gemeet: vyf honderd stokke, met die meetstok.

18. Aan die suidekant het hy vyf honderd stokke gemeet met die meetstok.

19. Hy het na die westekant gedraai en vyf honderd stokke gemeet met die meetstok.

20. Hy het dit aan al vier kante gemeet; dit het ’n muur reg rondom gehad; die lengte was vyf honderd en die breedte vyf honderd, om skeiding te maak tussen wat afgesonderd en wat onrein is.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 42