Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 42:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het hy my uitgebring na die buitenste hof, by die pad na die noorde en hy het my gebring by die kamer wat oorkant die afsonderlike area en oorkant die gebou na die noorde toe was.

2. Met die lengte langs, wat een honderd el was, was die noordelike deur; die breedte was vyftig el.

3. Oorkant die twintig el wat aan die binneste hof behoort en oorkant die plaveisel wat aan die buitenste hof behoort, was galery bokant galery, drie verdiepings hoog.

4. Voor die kamers was ’n binneste gang van tien el breed, ’n gang van een honderd el lank en hulle openinge was in die noorde.

5. Die boonste kamers was kleiner, want die galerye het meer spasie van hulle weggevat as van die onderstes en middelstes in die gebou,

6. want hulle was in drie verdiepings, maar het nie pilare soos die pilare van die howe gehad nie; daarom is hulle van die grond af weggelig, meer as die onderstes en die middelstes.

7. Wat die buitemuur langs die kamers betref, in die rigting van die buitenste hof, na die kamers toe, was sy lengte vyftig el,

8. want die lengte van die kamers in die buitenste hof was vyftig el en let op, die wat na die tempel kyk was een honderd el.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 42