Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 41:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die deuropeninge van die sykamers na die oop ruimte was een deur in die rigting van die noorde en ’n ander een in die rigting van die suide en die breedte van die oop ruimte: vyf el reg rondom.

12. Die gebou wat voor die afsonderlike ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed en die muur van die gebou was vyf el dik reg rondom en sy lengte negentig el.

13. Toe het hy die tempel gemeet: een honderd el lank; die afsonderlike ruimte met die gebou en sy mure was ook ’n honderd el lank.

14. Die breedte van die voorkant van die tempel en van die afsonderlike ruimtes na die ooste toe was ook ’n honderd el.

15. Hy het die lengte van die gebou al langs die voorkant van die afsonderlike deel, agter dit, gemeet, met ’n galery aan elke kant: een honderd el; hy het ook die binneste hoofvertrek en die stoepe van die hof gemeet.

16. Die drumpels, die tralievensters en die galerye rondom hulle drie verdiepings, oorkant die drumpel was van houtpanele reg rondom en vanaf die grond tot by die vensters, maar die vensters was bedek,

17. bokant die ingang, tot in die binneste huis, aan die buitekant en op al die mure reg rondom, binnekant en buitekant, met vaste mate.

18. Dit was uitgekerf met gérubs en palmbome en daar was ’n palmboom tussen gerub en gerub; elke gerub het twee gesigte gehad:

19. die gesig van ’n mens na die palmboom toe aan een kant en die gesig van ’n jong leeu na die palmboom aan die ander kant; hulle is op die hele huis uitgekerf, reg rondom.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 41