Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 39:23-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Die nasies sal weet dat die huis van Yisra’el as gevolg van hulle onregverdigheid in ballingskap gegaan het omdat hulle ontrou teenoor My opgetree het en Ek My gesig vir hulle weggesteek het; Ek het hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee en almal van hulle het deur die swaard geval.Deut 31:18

24. Volgens hulle onreinheid en volgens hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en My gesig vir hulle weggesteek.”’”

25. יהוה-God sê daarom: “Nou sal Ek die welgevalle van Ya’akov herstel en omgee vir die hele huis van Yisra’el en Ek sal jaloers wees ter wille van My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit).Lev 26:6

26. Hulle sal hul vernedering vergeet en al hul ontrouheid wat hulle teen My begaan het, wanneer hulle veilig in hul land woon met niemand om hulle bang te maak nie.

27. Wanneer Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, dan sal Ek deur hulle afgesonder word voor die oë van baie nasies,

28. dan sal hulle weet dat Ek, יהוה, hulle God is omdat Ek hulle in ballingskap laat gaan het tussen die nasies en hulle toe versamel het in hulle eie land en Ek sal nie een van hulle meer daar agterlaat nie.

29. Ek sal nie langer My gesig vir hulle wegsteek nie, want Ek sal My Gees oor die huis van Yisra’el uitgiet,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 39