Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 39:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Ek sal My Gemanifesteerde Teenwoordigheid tussen die nasies bring en al die nasies sal My oordeel sien wat Ek uitgevoer het en My hand wat Ek op hulle gelê het.

22. Die huis van Yisra’el sal van daardie dag af aan weet dat Ek, יהוה, hulle God is.

23. Die nasies sal weet dat die huis van Yisra’el as gevolg van hulle onregverdigheid in ballingskap gegaan het omdat hulle ontrou teenoor My opgetree het en Ek My gesig vir hulle weggesteek het; Ek het hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee en almal van hulle het deur die swaard geval.Deut 31:18

24. Volgens hulle onreinheid en volgens hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en My gesig vir hulle weggesteek.”’”

25. יהוה-God sê daarom: “Nou sal Ek die welgevalle van Ya’akov herstel en omgee vir die hele huis van Yisra’el en Ek sal jaloers wees ter wille van My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit).Lev 26:6

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 39