Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 37:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, kan hierdie bene lewe?” Ek het geantwoord: “יהוה-God, U weet.”

4. Weer sê Hy vir my: “Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: ‘Droë bene, hoor en luister na die woord van יהוה!’

5. So sê יהוה-God vir hierdie bene: “Let op, Ek sal asem in julle laat ingaan sodat julle lewendig kan word.

6. Ek sal senings aan julle sit, vlees oor julle laat teruggroei, julle oordek met vel en asem in julle gee sodat julle lewendig kan word en julle sal weet dat Ek יהוה is.’”

7. Ek het profeteer soos ek beveel is en soos ek profeteer, was daar ’n geluid en let op, ’n geratel; die bene het bymekaargekom, been by sy been.

8. Ek het gekyk en let op, daar was senings aan hulle, vlees het gegroei en ’n vel het hulle bedek, maar daar was geen gees in hulle nie.

9. Toe sê Hy vir my: “Profeteer tot die asem, profeteer, seun van ’n mens en sê vir die asem: ‘So sê יהוה-God: “Kom vanuit die vier windstreke, o asem en blaas in hierdie dooies in sodat hulle lewendig kan word.”’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 37