Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 36:30-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Ek sal die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld vermenigvuldig sodat julle nie weer die vernedering van hongersnood tussen die nasies ontvang nie;

31. dan sal julle jul bose lewenswyses en julle dade wat nie goed was nie, onthou en julle sal vir julleself walglik wees in julle eie oë vir jul onregverdighede en oor jul verwerplikhede.

32. Ek doen dit nie om julle ontwil nie,” verklaar יהוה-God; “laat dit aan julle bekend wees! Skaam julle en wees oorbluf oor julle lewenswyse, o huis van Yisra’el.”

33. So sê יהוה-God: “In die dag dat Ek julle reinig van al jul onregverdighede, sal Ek die stede laat bewoon en die puinhope sal opgebou word.

34. Die verlate land sal bewerk word, in plaas dat dit ’n verlatenheid is in die oë van almal wat verbygaan.

35. Hulle sal sê: ‘Hierdie verlate land het soos die tuin van Eden geword en die verwoeste stede wat in puin gelê het en afgebreek was, is versterk en bewoon,’

36. dan sal die nasies wat rondom julle oorgebly het, weet dat Ek, יהוה, die verwoeste plekke opgebou het en geplant het waar dit verlate was; Ek, יהוה, het gepraat en sal dit doen.”

37. So sê יהוה-God: “Ook dit sal Ek die huis van Yisra’el My laat vra om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.

38. Soos die skape vir offers, soos die skape van Yerushalayim tydens haar aangestelde feeste, so sal die verwoeste stede vol wees met kuddes van mense, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is.”’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 36