Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 36:22-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. daarom, sê vir die huis van Yisra’el: ‘So sê יהוה-God: “Dit is nie om julle ontwil, o huis van Yisra’el, dat Ek op die punt is om op te tree nie, maar ter wille van My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit), wat julle onteer het onder die nasies waarheen julle gegaan het.

23. Ek sal die afgesonderdheid van My groot Naam herwin wat onder die nasies onteer is, wat julle tussen hulle onteer het, dan sal die nasies weet dat Ek יהוה is,” verklaar יהוה-God, “wanneer Ek Myself tussen julle afgesonderd bewys voor hul oë,

24. want Ek sal julle uit die nasies uithaal, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle in jul eie land bring;Heb 10:22

25. dan sal Ek skoon water op julle sprinkel en julle sal skoon wees; Ek sal julle van al jul vuilheid en van al jul afgode reinig.

26. Verder sal Ek vir julle ’n nuwe verstand, wil en emosie gee en ’n nuwe gees in jul binneste en Ek sal die verstand, wil en emosie van klip uit julle vlees wegvat en vir julle ’n verstand, wil en emosie van vlees gee.

27. Ek sal My Gees in julle sit en julle in My instellings laat loop en julle sal versigtig wees om My wette na te kom.

28. Julle sal in die land wat Ek vir jul voorvaders gegee het bly; so sal julle My volk wees en Ek sal julle God wees.

29. Verder sal Ek julle red van al jul onreinheid en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig en Ek sal nie ’n hongersnood op julle bring nie.

30. Ek sal die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld vermenigvuldig sodat julle nie weer die vernedering van hongersnood tussen die nasies ontvang nie;

31. dan sal julle jul bose lewenswyses en julle dade wat nie goed was nie, onthou en julle sal vir julleself walglik wees in julle eie oë vir jul onregverdighede en oor jul verwerplikhede.

32. Ek doen dit nie om julle ontwil nie,” verklaar יהוה-God; “laat dit aan julle bekend wees! Skaam julle en wees oorbluf oor julle lewenswyse, o huis van Yisra’el.”

33. So sê יהוה-God: “In die dag dat Ek julle reinig van al jul onregverdighede, sal Ek die stede laat bewoon en die puinhope sal opgebou word.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 36